Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Groot opgewondheid en afwagting het geheers toe Laer Volkskool Vrydagoggend, 26 Oktober, hul jaarlikse Graad R-opedag gehou het.
Die kleuters en hul ouers was ewe nuuskierig om aan die Graad 1-onderwysers bekend gestel te word en die skoolgeboue van nader te besigtig.
Met aankoms is die kleuters na hul onderskeie klasse vergesel om aan aktiwiteite deel te neem terwyl die ouers tydens ‘n saalbyeenkoms meer ingelig is oor die standaarde en prosedures van die skool.
Volgens die personeellede is hulle reeds baie opgewonde om die kleuters volgende jaar by die Volksie-familie te verwelkom.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'