GRAAFF-REINET NUUS - Laer Volkskool leerders het op 8 Februarie aan die Graaff-Reinet Sone-atletiekbyeenkoms deelgeneem en uitstekend gevaar.
Hulle het onder andere eerste- en tweede posisies behaal.
Hierdie atlete is in die DBNPM-atletiekspan opgeneem wat op 14 Februarie aan die Sarah Baartman-atletiekbyeenkoms in Gqeberha gaan deelneem.
Die volgende atlete sal in hulle onderskeie ouderdomsgroepe aan die volgende sportkodes deelneem:
o.13 atlete
• Danté Dercksen - gewigstoot
• Karien Swiegers - gewigstoot
• Jarrod Gerber - 800m en 1500m
• Lee-Jon Blignaut - 100m en 200m
• Angela Vorster - 200m en verspring
o.12 atlete
• Chrystal Block - verspring
• Jean-Pierre Lombard - verspring
• Loné Bojé - gewigstoot
• Samuel Pearson - gewigstoot
o.11 atlete
• Janike van Zyl - gewigstoot
• Marco Terblanche - gewigstoot
o.10 atlete
• Minke Marincowitz - verspring en 1 200m
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’