GRAAFF-REINET NUUS – Die pas afgelope Maandag en Dinsdag, 12 en 13 Februarie, het lede van die NG Graaff-Reinet-gemeente ‘n opslaanwinkel in Caledonstraat beman.
Die inisiatief van ‘n ‘straatwinkel’ gee armgelastigdes die geleentheid om klere verniet te "koop".
Dit is die derde keer dat die kerk dié idee laat realiseer, maar die eerste keer dat die nuut gestigde NG Graaff-Reinet-gemeente dit aanpak.
Die ‘straatwinkel’ het nie mure nie, is oop vir almal en vra nie geld nie. Die klere, skoene en bykomstighede – wat in die voorafgaande weke deur die gemeente geskenk is - word uitgepak en op hangers gehang wat behoeftige mense dan in die verbygang kan "koop".
Die doel van dié inisiatief is om minderbevoorregtes te laat voel dat hul gemeenskap vir hulle omgee - soos Dr Ben van Tonder, een van die gemeente se leraars dit stel, “Dit gaan nie net daaroor om liggame warm te hou nie - dit gaan ook oor die warmte wat die mense in hul harte ervaar - diegene wat gee én die wat ontvang.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'