GRAAFF-REINET NUUS - Die sewende episode van Karoo-kombuis speel hom af op die plaas van Joe Kroon waar die kokke sushi met wildsvleis gaan voorberei vir die gaste.
Almare Fourie, eienaar van die Pioneers-restaurant op Graaff-Reinet, is oudergewoonte die gasaanbieder van Karoo-kombuis.
Twee van haar kombuiskokke, Luzuko Jantjies en Julia Pitout, gaan haar bystaan.
Maar kom kyk gerus op Via vandag om 17:00 op kanaal 147 op DSTV daarna om te sien wie is die plaaslike genooide gaste wat gaan aansit vir 'n heerlike Karoo-kuier.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'