GRAAFF-REINET NUUS - Die afgelope week het verskeie predikante, beraders en maatskaplike werkers uit die Oos-Kaap in Graaff-Reinet ‘n kursus bygewoon onder leiding van Professor Wentzel Coetzer van die Noordwes Universiteit.
Professor Coetzer het vier modules aangebied: “Pa-wonde en Pa-honger”, “Ma-wonde”, “Generasie bagasie” en “Die uitdeel van seën.” Kursusgangers het hier bewus geword van die geweldige emosionele effek wat kleintyd-pyn en trauma uit die verlede op die volwasse lewe het.
Hulle het ook bewus geword van onverwerkte seer wat van generasie tot generasie oorgedra word en families of individue op emosionele vlak gevange kan hou.
Die kursus was ‘n groot sukses en bande is gesmee oor dorpsgrense en kerkgrense heen. Elkeen het toerusting ontvang tydens die kursus waarmee hulle die gemeenskap meer effektief kan bedien.
Predikante, beraders en maatskaplike werkers uit die Oos-Kaap.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'