Gallery
GRAAFF-REINET NEWS - NG Graaff-Reinet het einde 2017 ‘n kunskompetisie geloods waar die gemeenskap genooi was om een van die NG kerke in Graaff-Reinet uit te beeld in enige kunsvorm.
Daar is ‘n hele paar pragtige inskrywings ontvang.
Die idee agter die kompetisie was om die dorp se inwoners meer bewus te maak van die eenwording van die twee gemeentes wat komende Sondag plaasvind.
Die wenners van die kompetisie sal ook tydens die geleentheid aangekondig word.
Die NG Graaff-Reinet-gemeente nooi dan ook die gemeenskap van Graaff-Reinet uit om saam met hulle die eenwording van die twee gemeentes te kom vier dié Sondagoggend, 21 Januarie, om 09:30.
Almal sal eers in NG Nuwekerk bymekaar kom waar die erediens gaan begin onder leiding van Dr Trix Truter.
Van daar sal almal oorstap na die NG Grootkerk se gebou waar die erediens onder leiding van Dr Ben van Tonder afgesluit sal word.
Na afloop van die erediens word almal dan ook genooi vir tee of koffie en verversings in die Te Watersaal te Bourkestraat.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'