GRAAFF-REINET NUUS - Dié maand, op Woensdag, 27 Februarie, word Nasionale Melktertdag gevier.
Jy kan ook daaraan deelneem, deur bloot ‘n sny melktert te eet.
Die Edenhof Dienssentrum in Graaff-Reinet sal op dié dag heerlike melkterte verkoop.
Bestellings kan nou al geplaas word by Martie Bekker (083 232 3657).
Moenie die geleentheid mis om jou te verlekker aan dié nostalgiese lekkerny van kaneel, skilferkors en botter.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'