GRAAFF-REINET NUUS – Een van Suid-Afrika se geliefste lekkernye word Dinsdag, 27 Februarie vereer.
En, deur bloot ‘n sny melktert te eet, kan 'n ieder en 'n elk Nasionale Melktertdag vier.
Die Edenhof Dienssentrum in Graaff-Reinet sal op dié dag heerlike melkterte verkoop.
Plaas jou bestelling by Martie Bekker (083 232 3657) en verlekker jou volgende Dinsdag aan dié nostalgiese lekkerte van kaneel, skilferkors en botter.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'