GRAAFF-REINET NUUS - As gevolg van 'n behoefte en aanvraag van mense om hul kennis van die Bybel te verbeter, het Graaff-Reinet inwoner J.D. Swartz besluit om weekliks Bybelstudie-sessies aan te bied.
"Dit is gratis, nie in kerkverband nie, en almal is welkom," het Swartz verduidelik.
Dit sal elke Dinsdag om 6nm by Daliastraat 18, Kroonvale, plaasvind, en skop reeds op 4 Februarie af. Swartz sê hy is in die proses om 'n ander lokaal te kry, "bring net u eie Bybel saam."
Vir meer inligting, kontak J.D. Swartz op 076 981 5925.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'