WILLOWMORE NUUS - ’n Polisiekonstabel van Willowmore, konstabel Tolisa Nolokwe (26), is Maandagoggend omstreeks 01:00 dood in sy bed aangetref.
Nolokwe het ’n koeëlwond aan sy kop gehad.
Volgens kapt Francis Erasmus, speurhoof en waarnemende stasiebevelvoerder op Willowmore, het die polisie ’n nadoodse ondersoek dossier geopen.
“Geen misdaad word vermoed nie,” het Erasmus aan die Advertiser vertel. Sy dienspistool is gebruik in die skietery.
Nolokwe was ongetroud en het alleen gewoon.
Met ter perse gaan was sy begrafnisreëlings nog onbekend. Kapt Erasmus het gesê daar bestaan nog onsekerheid of die familie gaan aansoek doen vir 'n amptelike staatsbegrafnis.
Nolokwe as drie jaar werksaam in Willomore.
Nolokwe het ’n koeëlwond aan sy kop gehad.
Lees 'n vorige artikel: Willowmore polisieman sterf
'Ons bring jou die nuutste Willowmore, Karoo nuus'