WILLOWMORE NEWS - ’n Polisiekonstabel van Willowmore, konstabel Tolisa Nolokwe, is vanoggend omstreeks 1vm dood in sy bed aangetref.
Nolokwe het ’n koeëlwond aan sy kop gehad.
Volgens kapt Francis Erasmus, speurhoof en waarnemende stasiebevelvoerder op Willowmore, het die polisie ’n nadoodse ondersoek dossier geopen.
“Geen misdaad word vermoed nie,” het Erasmus aan die Adviser vertel.
Sien meer inligting in Donderdag se Graaff-Reinet Advertiser as ook aanlyn.
Foto: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Willowmore, Karoo nuus'