KAROO NUUS - Huis Welverdiend in Jansenville het net 'n datum nodig om 'n heerlike saamkuier te beplan.
"Op Saterdag 9 September het ons kokke reggestaan, ons venue was reg, en net daar is die heerlikste pannekoek-en tee-oggend gebore," vertel Leoné Mulder, bestuurder van dié tehuis.
Chantel Erasmus van People of South African Foundation het die inwoners met die mooiste gehekelde kombersies, mussies en die allerlekkerste vroetelkombersies kom bederf.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’