Video
KAROO NUUS EN VIDEO - ‘n Koedoekalf het homself Sondagmiddag, 27 Augustus, met die afstand om by sy ma oorkant die pad te kom, misgis en is deur die bestuurder van ‘n Toyota Hilux-dubbelkajuitbakkie getref.
Riaan Kolesky en sy seun het op die R390 sowat 30 km van Hofmeyr, gery, op pad terug Jeffreysbaai toe, toe die uitgegroeide kalf onverwags tussen die doringbosse uitgespring het, vertel Kolesky.
“Die kalf het die bakkie se enjinkap, toe die voorruit en daarna oor die bakkie se tralies gerol, voordat dit langs die pad beland het. Daar is ernstige skade aan my voertuig," het ‘n geskokte Kolesky vertel.
VIDEO - Koedoekalf word getref deur bakkie
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’