GRAAFF-REINET NUUS – Inwoners van die Huis van de Graaff tehuis vir bejaardes in Graaff-Reinet, is verlede Saterdag, 7 Julie, deur lede van die Wanted-motorfietsklub besoek.
Die Wanted-motorfietsklub is 'n groep plaaslike motorfietsentoesiaste wat gereeld met hul bromponies saamtrek vir sosiale of welwillendheids doeleindes.
Tydens hul besoek het hul ondermeer toiletware, klere en eetgoed vir die tehuis geskenk.
Dit is die tweede agtereenvolgende jaar wat dié klub die tehuis met só skenking bederf.
Volgens Rita Theron van Huis van de Graaff, het die tehuis ‘n groot behoefte aan die skenkings siende dat hul baie inwoners huisves wat sukkel om die nodige toiletware met hul karige pensioene aan te koop.
Inwoners van die Huis van de Graaff tehuis vir bejaardes in Graaff-Reinet, is verlede Saterdag, 7 Julie, deur lede van die Wanted-motorfietsklub besoek.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'