KLIPPLAAT NUUS - Inwoners van Klipplaat het Dinsdagoggend die pad na Jansenville versper oor te min onderwysers by skole in die gebied.
Die departement van onderwys se distriksbeampte in die Sarah Baartman-distrik, Chris Jaftha, moes glo die afgelope Dinsdag beide skole besoek het, maar het nie opgedaag nie.
Van die ouers het toe die DA genader om in te tree, maar DA-raadslid Mandy Deyzel kon Dinsdag nie by die skole uitkom nie, want die ontstoke gemeenskap het die pad versper.
Sy wou die situasie by Brandovale Primêr en Hobson Khanyisa Primêr, wat reeds Vrydag gesluit is, assesseer sodat sy 'n verslag aan die LUR kan stuur.
'n Inwoner van Klipplaat het Woensdagmiddag bevestig dat al drie skole op Klipplaat, insluitend Klipplaat Sekondêr, nou gesluit is.
Die department het glo onderneem om die gemeenskap om 11:00 komende Maandag te ontmoet. Op grond hiervan is die pad na Jansenville weer oopgemaak.
Vyf skole in die Dr Beyers Naude munisipale area het sedert die begin van die jaar weens 'n tekort aan onderwysers gesluit.
Die DA en Deyzel het onlangs suksesvol ingetree toe Hoërskool Jansenville deur ouers gesluit is. 'n Petisie van Deyzel is deur meer as 250 ouers onderteken en na die LUR gestuur.
Volgens Deyzel het die departement binne 48 uur kontak met die skoolhoof gemaak en is die proses om onderwysers aan te stel begin en leerders terug op skoolbanke.
'Ons bring jou die nuutste Klipplaat, Karoo nuus'