GRAAFF-REINET NUUS - Met pragtige helderkleurige en kreatiewe uitrustings het die kleuters van Weppie Preppie-kleuterskool in Graaff-Reinet verlede Vrydag Lentedag gevier.
Die jongspan, wat met blommekranse, rokkies en mooi blomme in die hand vir juffrou by die skool opgedaag het, is met speletjies en lekker eetgoed trakteer en was ieder en elke verheug dat die koue weer van winter nou agter die rug is.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'