Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Dit is heerlike lente!
Alhoewel Lentedag-vieringe op 'n koelerige oggend by die Weppie Preppie-kleuterskool in Graaff-Reinet plaasgevind is, het die koel windjie geen demper op dié kleuters se viering van dié nuwe seisoen geplaas nie.
Fraai getooi met blommetjies in die hare het die kindertjies in ‘n opgewonde luim by die skool opgedaag waar hulle gesmul het aan spookasem en bederf is met blommetjies wat op hul gesigte deur die leerkragte geverf is.
Van die klasse het ook spesiale prente geteken en geverf om dié spesiale gebeurtenis te vier.
Van die klasse het ook spesiale prente geteken en geverf om dié spesiale gebeurtenis te vier.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'