GRAAFF-REINET NUUS — Die kleuters van die Weppie Preppie-kleuterskool in Graaff-Reinet het verlede week hul harte oopgemaak om verskeie behoeftige gesinne in die gemeenskap by te staan.
Met die heersende koue weer het 'n groepie ouers betrokke by die skool dit goed gedink om, in samewerking met die skool, die nabye gemeenskap waar daar groot maatskaplike nood is, met warm sop en broodjies te bedien.
'n Versoek vir skenkings is vroeg verlede week aan die kleuters se ouers oorgedra en is daar in die daaropvolgende paar dae ruim skenkings deur die kleuters skool toe gebring.
Die bestandele is in heerlike sop omskep en is daar toe op die laaste dag van die skoolkwartaal nagenoeg 100 bakkies sop en brood aan behoeftige gesinne in die dorp uitgedeel.
Elke donasie is vergesel deur 'n prentjie wat deur 'n Weppie-leerder ingekleur is.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'