Gallery
GRAAFF-REINET NUUS – Die plaaslike Brandweer het die Weppie Preppie-kleuterskool die pas afgelope Donderdagoggend, 19 Julie, besoek om met 'n paar demonstrasies te wys wat hul werk behels.
Dit was 'n opwindende oggend vir die kleuters.
Klleingoed wat daarvan droom om hierdie werk eendag te doen, kon vir 'n kort wyle hul drome laat waar word tussen die rooi wa, brandslange en mans in hul uniforms.
Die skoolhoof van Weppie Preppie, Karin van Wyk, bedank graag die Brandweer se personeel vir die tyd wat hul afgestaan het om die skool te besoek en die oulike manier wat hul met die kleuters gewerk het.
Dit was 'n opwindende oggend vir die kleuters.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'