ABERDEEN NEWS — In 1954 begin 'n jong man - Goddie Brümmer - sy universiteitsopleiding by Kovsies.
Hy was veronderstel om BSC te studeer maar toe hy nie die fakulteit kry nie, skryf hy toe maar sommer in vir B Com. Hy behaal sy graad en in 1958 doen hy sy IOD (HOD vandag).
In 1957 begin 'n pragtige jong dame - Susan - by die destydse BOK haar opleiding en behaal haar Onderwysdiploma in 1958.
Dié twee studente raak verlief en tree in 1960 in die huwelik.
Hul lewe lank was hulle toegewyde onderwysers. Hul twee seuns volg in Pa se voetspore deur albei in Reitz kamerwonings te bly tydens hul universiteitslewe en hul twee dogters behaal albei grade in dieselfde fakulteit as hy.
In 1995, tydens die jongste dogter se gradeplegtigheid, woon haar suster met haar babadogtertjie die plegtigheid by.
Twee-en-twintig jaar later behaal hierdie einste babadogtertjie haar B Ed-graad - met hoofvakke wat haar Oupa 58 jaar gelede veronderstel was om te neem - Chemie en Wiskunde.
Sy het gelukkig die fakulteit gekry! Nes haar Oupa en Ouma kies sy ook die onderwys as loopbaan en raak die eerste Brümmer-kleinkind om aan Kovsies te gradueer - soos almal saam haar op meegaande foto.
Christelle (néé Brümmer) Nel (BPL 1990), Goddie Brümmer (B Com/HOD - 1958), Sané Nel (B Ed 2017), Susan Brümmer (Onderwysdiploma - 1958), Elna (néé Brümmer) De Klerk (B Com ED) 1995.
'We bring you the latest Aberdeen, Karoo news'