Update
CRADOCK NUUS - Klein BJ Gerber van die Munchkins-speelskool in Cradock het dié afgelope Vrydag met baie goeie nuus huis toe gekom.
"Munchkins het besluit om 'n fondsinsamelingspoging van stapel te stuur en het elke ouer gevra om R100 se kruideniersware by te dra. Vorms is gesirkuleer waarop die kleuters R10-lootjies kon verkoop," vertel Corné Gerber, BJ se ma.
"BJ, wat amper twee jaar oud is, het verreweg die meeste voltooide vorms teruggebring en is daarom is die wenner van die uitdaging benoem," sê Chrizel Leonie Bartman, BJ se Educare-fasiliteerder.
"Dit was vir ons 'n groot voorreg om betrokke te wees by Munchkins se fondsinsameling en ons hele gesin het met groot ywer deelgeneem," vertel Corné Gerber, wat die groot voorraad ingesamelde kruideniersware kon huis toe neem.
Corné Gerber met die kruideniersware wat sy gewen het met die uitdaging wat Munchkins-speelskool in Cradock aan ouers gestel het. Foto: Connie Muller
Klein BJ Gerber was baie beïndruk met die prys wat hy gewen het by Munchkins-speelskool. Die prys word hier aan hom oorhandig deur Chrizel Leonie Bartman, sy fasiliteerder. Foto: Corné Gerber
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'