Video
KIRKWOOD NUUS EN VIDEO - Na maande van minimale reën, en erge hitte het inwoners van Kirkwood en die Sondagsriviervallei opgewonde uitgesien na reën wat vir Sondag, 5 Maart, voorspel is.
Die infrastruktuur van die dorp was egter geensins in stand gehou nie, en water wat in stormwaterdreineringstelsels moes afloop, het strate in stormwaterriviere verander na 70 mm in minder as 'n uur uitgesak het.
"Inwoners is regtig so dankbaar oor die reën, maar die stormwaters is ook deur huise en buitegeboue in Kirkwood," vertel Karin Geyer, eiendomsagent van Kirkwood.
"Die Sondagsriviervallebewoners het hierdie reën regtig so nodig en ons hoop dat damme in die omgewing ook genoeg water sal kry," sê ‘n ander inwoner.
"Hier het 40 mm in vyftien minute by my huis uitgesak en 26mm 'n rukkie later - alles binne ‘n uur," vertel Tiaan Geldenhuys van Kirkwood op sosiale media.
"Die helfte van die vloedwaters wat in Kirkwood se hoofstraat afgeloop het, het in ons swembad ingeloop," vertel Karlien Muller.
VIDEO: Karin Geyer
Gelukkig is die swembad gelig, en het vloedwaters nie daarin kon inloop nie, maar die braaistoep en motorhuis is onder water, deelJohan en Elize Schoeman in Sonopstraat mee. Foto: Elize Schoeman
Talle besighede in Kirkwood se hoofstraat was onder water terwyl dié straat in ñ rivier verander het. Foto: Sosiale Media : The Weather Guru.
Net een reënbui weg van water regdeur die huis! Foto: Elize Schoeman
'Ons bring jou die nuutste Kirkwood, Hessequa nuus'