GRAAFF-REINET NUUS - Die ACVV Huis van de Graaff in Graaff-Reinet bied 'n spesiale Moedersdagete vir Sondagmiddag, 13 Mei.
Alle inwoners word genooi om 'n heerlike ete met gesellige samesyn te geniet by Profcon op dié spesiale dag.
Kaartjies vir die geleentheid beloop R100 per persoon met kaartjies vir kinders onder die ouderdom van 12 wat slegs R60 kos.
Die ete word by Profcon-oord gehou en beloof die organiseerders kos uit die boonste rakke.
Kaartjies kan by alle lede van die ACVV of by Dippies Motors aangeskaf word.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'