GRAAFF-REINET NUUS - Leerders van die Bambino Dagsorg in Graaff-Reinet is die pas afgelope Sondagoggend, 3 Desember, bederf toe Kersvader vroeër as gewoonlik geskenke uitgedeel het.
Die Kerspartytjie – wat hierdie jaar by die Profcon-oord gehou is - het gedien as die dagsorg se afsluiting vir die jaar en was die opwinding groot toe Kersvader die gekenke begin uitdeel het.
Die skooltjie se kleuters het die oggend saam met hul ouers en grootouers geniet en was daar amper 150 mense teenwoordig by die prettige affêre.
Die Kerspartytjie was hierdie jaar by die Profcon-oord gehou.
Die skooltjie se kleuters het die oggend saam met hul ouers en grootouers geniet.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'