GRAAFF-REINET NUUS - Inwoners kan uitsien na 'n heerlike kermis by Huis van de Graaff tehuis vir bejaardes op Saterdag, 2 Maart.
Vanaf 09:00 sal die kuiers begin by die tehuis by 19 Stockenstroomstraat, Graaff-Reinet.
Voorsitter Antoinette Steenkamp vertel meer oor die opwindende aktiwiteite vir die dag: “Die kosstalletjies gaan heerlike eetgoed verkoop soos pannekoek, worsrolletjies, kerrie en rys, poeding en koek. Kom neem deel aan Bingo en wen 'n prys of kyk watter verassings hou die Tombola-tafel vir jou in. Daar sal weer 'n kindertafel wees met lekkernye en spesiale aktiwiteite vir die kleinspan so kom ondersteun ons asseblief!"
Die kermis is ‘n fondinsamelingsprojek ten bate van Huis van de Graaff en word dit juis jaarliks by die tehuis self aangebied sodat die bejaardes kan deel in die pret.
Belangstellendes kan Antoinette Steenkamp skakel by 083 527 3880 of 049 891 0165 om meer inligting te bekom.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'