GRAAFF-REINET NUUS - Die diakonie van die Gereformeerde Gemeente, Centurion, onder leiding van diaken Theuns Louw, het onlangs 'n groot donasie by Hofmeyr Hugs of Hope afgelewer.
Dié gemeente help Hugs elke jaar ruimskoots en lewer ’n groot bydrae tot die versorgingsprogram.
Breidrag, musse, gehekelde komberse, skryfbehoeftes en boeke maak is deel van vanjaar se skenking.
Louw, wat op Hofmeyr grootgeword het, en twee vriende het die lang pad van Gauteng aangepak om die vrag af te lewer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’