GRAAFF-REINET NUUS - Die NG-gemeente in Graaff-Reinet het onlangs 'n kuns-kompetisie geloods waaraan jonk sowel as oud kan deelneem.
Die kompetisie vereis dat diegene wat belangstel om deel te neem 'n kunswerk van een van die twee NG-kerkgeboue in Graaff-Reinet moet skep en indien.
Deelnemers kan van enige artistiese tegniek gebruik maak om hul kunswerk te skep.
Kategorieë bestaan uit een vir Graad R tot Graad 3-leerlinge, een vir Graad 4 tot 7-leerders, 'n kategorie vir hoërskool-leerders en dan 'n ope-afdeling.
Daar is dan ook 'n kompetisie vir foto's van die kerkgeboue.
Die koste om in te skryf beloop R10.
Inskrywingsvorms is by die kerkkantoor beskikbaar.
Die wenner sal op 5 November aangekondig word.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'