GRAAFF-REINET NUUS - Linda Pienaar, voormalige Graaff-Reinet-inwoner, skryf:
Daar was 'n groot en baie ou akkerboom op die hoek van Caledon- en Kerkstraat op Graaff-Reinet, daar op Standard Bank se hoek.
In die dae lank gelede was daar natuurlik nie sosiale media nie, en kon baie mense nie die koerant bekostig nie.
Dus het oom Vicky Brummer, die plaaslike ondernemer (JPS Brummer & Son) met die afsterwe van elke persoon wat deur hom begrawe is, ''n kennisgewing teen die boom gaan hang.
Daar was permanente spykers in die stam vasgeslaan, en hy het dan 'n netjies geraamde kennisgewing met die naam, geboorte datum, sterf datum, kerk verband en datum van begrafnis daaraan gaan hang.
Sodra die bordjie opgehang is, het daar gewoonlik 'n paar nuuskieriges saamgedrom om te sien wie oorlede is, en dan met die gebruiklike: "Haai, het jy gehoor, so-en-so is dood?" die strate ingevaar.
En dit was hoe die sosiale media in daardie jare gewerk het!
Weet jy ook van die begrafnisboom? Stuur 'n brief aan paula@groupeditors.co.za
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'