GRAAFF-REINET NUUS - Met die stigting van die Opleidingskollege in 1917 word 'n groot leemte in die opleiding van onderwysers in Kaapland gevul.
Met sy 400 studente (ongeveer 250 dames en 150 mans) speel die kollege 'n belangrike rol in die Oos-Kaaplandse onderwys.
Dit is ook die enigste parallelmedium inrigting in sy soort en die enigste sentrum vir die opleiding van Engelssprekende manlike leerkragte.
Oor die jare bied die kollege met sy baie bekwame dosente rigting en leiding aan talle toekomstige onderwysers. Terselfdertyd hou die onderrig en metodes met die jongste Kaaplandse onderwyssisteem tred.
Vroeër was dit 'n tweejarige Primêre Onderwyssertifikaat (POS) wat in 1968 na 'n driejarige en in 1971 na 'n vierjarige leergang uitgebrei is.
Die huidige hoofgebou in Kollegeweg, met sy imposante Kaaps-Hollandse gewels, word in 1906 voltooi vir die gebruik van die ou "Boys High" (die kollege soos ouer inwoners daarna verwys).
Kollegehuis, 'n koshuis vir vroue, staan langs die hoofgebou.
Op kulturele gebied lewer die Opleidings-kollege 'n groot bydrae tot die dorp se samelewing. Die jaarlikse interkollege tussen die Grafies en Hoërskool Oudtshoorn was die hoogtepunt. By enige plaaslike geleentheid is dit studente wat deelneem.
Die gebou word nou as 'n polisieopleidings-kollege gebruik.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'