Video
GRAAFF-REINET NUUS EN VIDEO - Dit is weer daardie tyd van die jaar waar oud en jonk, plaaslik en van vêr kom om hulself by die jaarlike Karoo-lus fees op Graaff-Reinet te geniet.
Die feesterrein word jaarliks op die Botaniese sportterrein gehou waar uitstallers met verskeie kreatiewe skeppings, besienswaardighede en smullekker eetgoed aan die publiek bied.
Maar hierdie fees het ook sy eie verhaal om te vertel. Dit is nie net om munt uit die publiek te slaan nie, maar om terug te ploeg in liefdadigheidsorganisasies.
Dit beloof om ‘n naweek van pret en opwinding te fees.
Kyk 'n video hieronder:
Daar is groot pret vir die kinders.
Oud en jonk, plaaslik en van vêr kom om hulself by die jaarlike Karoo-lus fees op Graaff-Reinet te geniet.
En groot pret vir die volwassenes!
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'