GRAAFF-REINET NEWS - Dr Riaan Pieterse, wel bekende chiropraktisyn, wat die afgelope ses jaar in Graaff-Reinet praktiseer, gaan vanaf Junie 2018 op 'n Donderdag beskikbaar wees vir konsultasies in Middelburg.
Dr Pieterse is baie dankbaar vir die getroue ondersteuning van die Middelbur-gemeenskap en wil graag sy vaardighede meer toeganklik maak vir die mense van die omgewing. Hy gaan werk vanaf die kamers van P. Olls Oogkundiges in 27 Van Reenenstraat, Middelburg.
Afsprake kan gemaak word by 049 842 1127.
WAT IS 'N CHIROPRAKTISYN
Chiropraktyk is 'n gesondheidsberoep wat spesialiseer in die diagnose, behandeling en voorkoming van mediese siektes van die spierskeletstelsel en die uitwerking van hierdie siektes op die funksie van die senuweestelsel en algemene gesondheid.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'