KAROO NUUS - Die karavaanpark by die Gariepdam is deels onder water. Dié dam is reeds 106% vol.
Meer water vloei steeds die dam in as wat dit verlaat wat beteken die watervlak gaan oor die volgende week nog heelwat styg.
Die water wat stroom-op invloei vanaf Bethulie is veel bruiner as die pragtige blou water wat tans te siene is bokant die wal.
Dinky Schultz, bestuurder van die De Stijl-hotel, sê oor 'n paar dae sal mens duidelik die bruin streep water kan sien as dit nader na die wal toe aangevloei kom.
"Ek het gisteroggend vroeg die foto geneem voor ons huiswaarts is. Die eerste ry staanplekke duskant die reëling was reeds toe onder water. Kyk waar staan die kragpunt," sê Susan Beukes.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’