KAROO NUUS - Moo se Lekke-padstal, 12 km buite Cradock, was Saterdagoggend, 11 November, 'n miernes van bedrywighede soos stappers opgedaag het om aan Moo se stap vir kanker deel te neem.
Altesaam 286 stappers het opgedaag, en omdat daar 'n uitdaging gestel is aan diegene wat 'n spesiale uitrusting wou aantrek, was daar 'n vrolike verskeidenheid van hoofsaaklik skakerings van pienk pretuitrustings.
Deelnemers kon deelneem aan die 5 km- of 10 km-pretstap deur die pekanneutplantasies van Pecan Pro wat grens aan die padstal.
Cradock-sekuriteit en Arrie Nel Apteke het as hoofborge opgetree.
Cradock-kankersorg vind baat by hierdie fondsinsamelingspoging.
Die bekende Cradock-atleet, Lucky Adams, staan nooit terug vir 'n uitdaging nie. Hy het behoorlik gespog met sy pienk uitrusting, teddiebeermus, pienk kombers en krale. Hy verdien sy tweede plek beslis.
Lenette Fourie (links) met haar yslike pienk borskankerstrik het die eerste prys gewen vir haar uitrusting en Lucky Adams die tweede prys. Foto's: Marelize Michau
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’