CRADOCK NUUS - Die tyd is verlede week teruggedraai by Hoërskool Cradock se spog-kronings-geleentheid in die AB du Toit-saal by Laerskool Cradock.
"Die tema van hierdie jaar se Mnr. en Mej. CHS geleentheid op 19 April was 'Back in the day', met die uitdaging om Dancing Queen en Rocket Man na te doen," sê Gail Weitz, fasiliteerder by Cradock Hoërskool.
Negentien matrieks het die uitdaging aanvaar en daar is sommer dadelik planne gemaak vir uitrustings en choreografie.
Kayla Goosen is as Mej. CHS gekroon met Jandré du Toit as Mnr. CHS vir 2023.
Die 1ste prinses is Nicky Paul en Denzell Meyers is 1ste prins. Die 2de prinses is Leah Hufkie en 2de prins, Juandré Duvenage.
Irene van der Nest is aangewys as Mej. Persoon-likheid en die 1ste prins, Denzell Meyers het ook met die Mnr. Persoonlikheid-titel weggestap.
Die pragtige Owethu Booysen is as Mej. Fotogenies vereer en 2de prins, Juandré Duvenage is ook Mnr. Fotogenies.
Mense kon via sosiale media stem en die finale beoordeling is deur 'n paneel gedoen.
Die leerders wat deelgeneem het aan die Mnr. en Mej. CHS-kompetisie na die bekendmaking van die wenners.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’