GRAAFF-REINET NUUS - Freddie van der Mescht, verbonde aan Laer Volkskool, het op Saterdag, 21 Julie, in Uitenhage aan 'n boogskietkompetisie deelgeneem.
Die Daniël Pienaar Interskole-boogskietkompetisie, het in Uitenhage se binnenshuise sportsentrum plaasgevind.
Skole van Oos-Londen, Port Alfred, Port-Elizabeth en Graaff-Reinet het in die Bullseye- en 3D-afdelings meegeding.
In die 3D-afdeling vir laerskoolleerders, het Freddie 'n telling van 250/300 behaal en in die Bull's Eye-afdeling 'n telling van 230/300.
Laer Volkskool is baie trots op Freddie en wens hom alle voorspoed toe in dié sport.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'