BURGERSDORP NUUS - Edward de Villiers (35) , 'n boer van die Burgersdorp-distrik, is verlede Sondag tragies oorlede na 'n skietongeluk. De Villiers het op die bekende landmerkplaas, Rosslands, geboer.
Hy laat sy vrou, Lydia, asook drie minderjarige kinders, Edward (8), Lika (6) en Valken (3) agter.
Sy ouers, Edward en Louise de Villiers, ook van Burgersdorp, en sy twee susters, Hettie en Elizna, kon ook die afgelope Vrydag die troosdiens in die NG kerksaal bywoon. Die diens is deur ds. Hansie Schutte onder streng Covid-19-protokol waargeneem.
De Villiers se dood was vir die gemeenskappe van Burgersdorp, Molteno, Hofmeyr en Steynsburg 'n groot skok.
Geen gemene spel word vermoed nie.
'Ons bring jou die nuutste Burgersdorp, Karoo nuus'