KAROO NUUS - Almal, ook die plaaslike Munisipaliteit, ry daagliks oor dié laagwaterbrug op die grondpadroete tussen Hofmeyr en Tarkastad.
Maar André Herselman het Vrydag, 30 Desember, besluit genoeg is genoeg.
"Die laagwaterbruggie het al lewens ge-eis. Dit breek ook ons voertuie en ek het eenvoudig besluit genoeg is genoeg," deel die 31 jarige boer, en Pa van 2 klein dogtertjies mee. "Ek en my werkers het op die laaste werksdag van 2022 die pad oor die bruggie herstel."
Toeriste neem dikwels die afrit na Hofmeyr vanaf die teerpad tussen Tarkastad en Cradock. Min wetende dat die helfte van die pad 'n grondpad is!
So doen boere hul deel om die infrastruktuur in stand te hou! André woon baie ver van hierdie grondpad, maar hy het 'n plaas wat hier naby geleë is.
André en sy werkers het op die laaste werksdag van 2022 die pad oor die bruggie herstel.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'