GRAAFF-REINET NUUS - Johndré Ludick, 'n gr. 11-leerder aan Hoër Volkskool, het op 11 Junie aan die Wedgewood Mans Ope-toernooi in Gqeberha deelgeneem.
Hy het baie goed gevaar en in die algeheel, derde gekom.
Hy het ook van 28 tot 30 Junie aan die Nomad's Suid-Afrikaanse seuns o.17-kampioenskappe in Gqeberha deelgeneem. Hy behaal 'n baie goeie tweede plek, met 218 punte, net twee punte agter die wenner, Marno Lange.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'