JANSENVILLE NUUS - Ten spyte van die knellende hitte het daar 'n heerlike atmosfeer geheers tydens Hoërskool Jansenville se jaarlikse kleure-atletiekbyeenkoms wat onlangs plaasgevind het.
Die blouspan se Jayden Fanella - links - is aangewys as junior Victor Ludorum
Die atlete van beide die spanne het uitstekend gevaar, maar na afloop van die verrigtinge het die Blouspan met die louere weggestap met 403 punte teenoor die Geelspan se 391 punte.
Die blouspan se Fabiano Hermaans - links - is aangewys as senior Victor Ludorum
Joslyn Brown en Jayden Fanella is aangewys as die junior victrix ludorum en victor ludorum, en Jessica Arends en Fabiano Hermaans as die senior victrix ludorum en victor ludorum. Petro Tamana het die beker gewen vir dirigent met die meeste gees.
Die blouspan se Jesica Arends - links - is aangewys as senior Victrix Ludorum
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’