CRADOCK NUUS - Fanie Theron Preprimêr in Cradock het van 17 tot 19 Oktober hul jaarlikse skoolkonsert aangebied.
Hierdie konsert dien ook as 'n fondsinsamelingsgeleentheid.
Vir die leerders van hierdie skool is die konsert ook die hoogtepunt van hul skooljaar, en elke leerder vertolk 'n rol. Jan en die boontjierank is oor etlike weke ingeoefen en met groot welslae en vermaak van die gehoor, aangebied.
Van links na regs is Lusa Dawids, Kari Michau, Niané Erasmus, Paisley Williams, Savannah Michau en Uli Mbaxa.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’