Video
GRAAFF-REINET NUUS EN VIDEO's - Graaff-Reinet inwoners het vanoggend voor die munisipale kantore in Kerkstraat bymekaargekom om hul ontevredenheid oor die huidige kragsituasie te demonstreer.
Die gedeelte in Kerkstraat voor die munisipale kantore is tans afgesper en motoriste moet van alternatiewe roetes gebruik maak.
Die situasie veroorsaak groot verkeersopeenhopings omdat hierdie straat ook deel van die N9 vorm en vakansiegangers op pad na hul verskeie bestemmings daarvan gebruik maak.
Eskom implementeer tans strafmaatreëls omdat die Dr Beyers Naudè munisipaliteit versuim het om die terugbetalingsooreenkoms met Eskom na te kom. Dit beteken dat inwoners in hierdie munisipale area daagligs 6 ure ekstra sonder krag moet sit. Die huidige skuld van die munisipaliteit aan die energieverskaffer beloop R360 000 000.
Vorige artikel: Eskom punishes DBNLM
VIDEO - Reginald Bester doen 'n beroep op die munisipale administrasie om 'n verduideliking aan die gemeenskap te kom gee. (Video:Chriszanne Janse van Vuuren).
VIDEO - Graaff-Reinet betogings rondom krag-situasie (Video:Chriszanne Janse van Vuuren).
Swaar verkeer in Murraystraat as gevolg van die blokkering van Kerkstraat
Murraystraat
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'