HOFMEYR NUUS - Die inwoners langs die R391-roete, buite Hofmeyr, het die afgelope twee weke met 'n groot verfraaiingsprojek begin.
Expanded Public Works Programme (EPWP)-werkers vanuit Eluxolweni en Twinsville, het samesprekings gevoer met die toesighouers van vier EPWP- werkgroepe, om te vra dat hulle alle vuilgoed langs dié roete mag skoonmaak.
Daarna is die area onderverdeel in vier afsonderlike tuine waar die groepe teen mekaar meeding om die mooste tuin aan te lê. Water word met die hand aangedra of per waterkarretjie aangery.
Trots staan daar alreeds garingbome, soetpeulboom / springkaanboom (honey locust), peperbome en 'n groot aantal geharde plante.
"Hugs of Hope moes weereens bakhand staan by inwoners en boere, om behulpsaam te wees met donasies van plante, struike en bome, en die reaksie was oorweldigend," sê Ellen Arendts van die instansie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’