GRAAFF-REINET NUUS - Twee nuwe onnies het van die begin van die jaar by Hoër Volkskool begin. Pieter Kleynhans en Lourens Prinsloo is baie opgewonde om hulle loopbaan voort te sit by hierdie prestige akademiese skool.
Kleynhans, wat altyd 'n polisieman wou word toe hy klein was, pronk met 'n BA in senior onderrig en FET fase. Hy spesialiseer in Lewenswetenskappe en Tegnologie, hy sal voortaan eersgenoemde aan gr. 10- en 11-leerders aanbied.
Hy sien baie daarna uit om deel te wees van die dinamiese en gedrewe span en om 'n verskil in die lewens van die leerders te maak. Hy sê dat hy daarna streef om sy nalatenskap as die passievolste Lewenswetenskap meneer ooit, uit te leef.
Vir die wat Kleynhans se klas bywoon, sy gunsteling gesegde is glo die bekende een van Forest Gump, 'life is like a box of chocolates, you never know what you're going to get'.
Prinsloo gaan Afrikaans aan gr. 8- en 9-leerders gee asook Lewensoriëntering aan gr. 10's. Hy spog met 'n BA, met Grieks, Semitiese Tale, Afrikaans en Bybelkunde as hoofvakke asook 'n B.Th. Hy is ook besig om sy Nagraadse Onderwys Sertifikaat te voltooi.
Toe hy klein was het hy nie eens daarvan gedroom om 'n onderwyser te word nie, en wou hy graag gaan boer.Pieter Kleynhans
Vir hom is dit belangrik om 'n nederige bydrae tot die groei en ontwikkeling van leerders toe te voeg en wil hy graag eendag onthou word dat hy regtig omgegee het en daardeur 'n verskil gemaak het in leerders se lewens.
In Lourens se klas sal leerders herinner word aan die gesegde van Langenhoven, 'goed begin is half gewin - maar dit is net die eerste helfte'.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’