Video
KAROO NUUS - Na afloop van die jaarlikse prysuitdeling op 16 Oktober, waartydens leerders erken is vir prestasies op akademiese-, kulturele- en sportsgebied het Hoër Volkskool Graaff-Reinet hul hoofleiers vir 2024 aangekondig.
Tydens díe spoggeleentheid is Jan-Theo van Tonder en Zanri Groenewald aangewys as onderhoofleiers terwyl Xander Kayser en Jani van der Merwe die vaandel van hoofleiers oorneem vir die volgende termyn.
Alle sterkte aan hierdie groep leiers met die verantwoordelikheid wat met hierdie besonderse eer gepaard gaan.
VIDEO - Leerders word erken is vir prestasies by Hoër Volkskool (Video: Pieter Pienaar).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’