KAROO NUUS - Heelwat leerders van Hoër Volkskool het aan die Camdeboo-eisteddfod deelgeneem. Die eisteddfod is deur Union High aangebied en Volksies het die geleentheid om deel te neem met albei hande aangegryp.
Leerders behaal die volgende:
- Remé Vorster ontvang diploma vir monoloog, dubbel goud vir poësie en silwer vir prosa.
- Darion Jooste ontvang 'n diploma en goud vir poësie, diploma vir prosa, diploma vir monoloog en goud vir samespraak.
- Temzynne Juries ontvang 'n diploma vir monoloog, 'n diploma en silwer vir poësie, goud vir samespraak, goud vir prosa.
- Ilze Vorster ontvang 'n diploma vir samespraak, goud vir monoloog, goud en silwer vir poësie, silwer vir prosa.
- Gaby Hall ontvang 'n diploma vir monoloog, 'n diploma en silwer vir poësie en brons vir prosa.
- Mikha Enslin ontvang goud vir poësie.
- Marlie Nel ontvang goud en silwer vir poësie.
- Lara Vosloo ontvang goud vir samespraak.
- Bianca Swart ontvang goud vir samespraak.
- Jean van Wyngaard ontvang goud vir samespraak.
- Mia Prinsloo ontvang 'n diploma vir monoloog, twee diplomas vir samespraak, twee diplomas vir poësie en goud vir prosa.
- Nazihra Hoogbaard ontvang dubbel silwer vir poësie.
- Kate-Lynn Kruger ontvang goud vir poësie en goud vir moderne dans.
- Emily-May Gradwill ontvang goud en silwer vir poësie.
- Rikus Kleyn ontvang goud vir klaviersolo en silwer vir sang.
- Alice du Toit ontvang goud en 'n diploma vir klavier.
Die dramagroep voor, van links is Marlie Nel, Mia Prinsloo, Remé Vorster, Gabby Hall, Mikha Enslin en Bianca Swart. Agter is Temzynne Juries, Nazihra Hoogbaard, Emily-May Gradwell, Ilze Vorster, Jean van Wyngaard, Kate-Lynn Kruger, Lara Vosloo en Darion Jooste.
Mia Prinsloo besig met Papegaai Parlement deur Hanlie de Wet.
Klavier en sang afdelings is Alice du Toit en Rikus Kleyn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’