Video
GRAAFF-REINET NUUS EN VIDEO - Terwyl die droogte in Graaff-Reinet en omliggende areas voortduur, staan gemeenskappe regoor Suid-Afrika saam om dié Karoo-dorp te ondersteun.
Vrydag het ses lidmate van NG Raslouw in Centurion, Gauteng, en twee van NG Parys-Oos in die Vrystaat in die dorp arriveer met ongeveer 750 vyf-liter waterbottels. Dié donasies is ingesamel deur verskeie kerke in hul areas.
Hierdie donasies is verdeel tussen die NG Grootkerk, die VGK Kroonvale en die Metodistekerk Umasizakhe, wat dit aan behoeftige inwoners uitgedeel het. Die skenking het ook 43 geskenkpakkies vir boervroue ingesluit.
"Ek het een oggend op pad werk toe oor die nuus gehoor dat die [Nqwebadam] leeg is, toe bid ek daaroor," het Centurion-inwoner Pierre de la Harpe aan die Advertiser vertel. "Toe weet ek die Here wil hê ek moet help."
De la Harpe het 'n soortgelyke projek vyf jaar terug vir die droogte-geteisterde Beaufort-Wes geloods.
Kyk 'n video hieronder:
Sowat 750 vyf-liter waterbottels is aan Graaff-Reinet geskenk deur kerke in Gauteng en die Vrystaat.
Volgens De la Harpe, wat houtwerk doen, was gemeentelede vinnig aanboord vir die projek. "'n Rooi posbussie wat ek gemaak het was binnekort vol R6 300 vir diesel [vir die vier voertuie en waens om tot in Graaff-Reinet te kom]."
'n Verdere R7 500 is geskenk deur NG Eldoraigne, plaaslike Grootkerk dominee Ben van Tonder se voormalige gemeente.
"Ons het 'n verskriklike waternood en die droogte is erg," het VGK Kroonvale dominee Petrus Gysman gesê. "Die krane is soms leeg, daarom is ons dankbaar vir hierdie skenking."
Die skenking het ook 43 geskenkpakkies vir boervroue ingesluit.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'