JANSENVILLE NUUS - Leoné Mulder, bestuurder van Huis Welverdiend in Jansenville was die afgelope tyd weereens verstom oor die vriendelike engele wat dié tehuis ondersteun deur skenkings en besoeke.
"Ek kan nou nog nie glo Huis Welverdiend is so geseënd nie," jubel Mulder tydens 'n onderhoud met die Advertiser.
Annalize Cilliers van Nedbank Plattekloof en Estelle Burger van Nedbank Uitenhage het die lekkerste, geskenkiespakkies vir die inwoners van die tehuis oorhandig. Die tehuis het ook welkome kosvoorraad sowel as doeke vir volwassenes tydens die besoek ontvang.
"Die twee vrygewige dames weet ook hoe koud dit in die winter in Jansenville kan word en het hulle die fraaiste kombersies saamgebring. Op die oomblik voel dit natuurlik nou asof dit nooit weer gaan koud word nie, dit was immers 44 grade die dag toe die kombersies oorhandig is, maar dit gaan handig te pas kom in die winter," sê Mulder dankbaar.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’