JANSENVILLE NUUS - Huis Welverdiend op Jansenville het al met die halfeindrondte van die rugbywêreldbeker begin met 'n rugbyraai waar inwoners teen R5 per telling, die telling kon raai.
Leoné Mulder, bestuurder van dié tehuis sê dat inwoners behoorlik deelgeneem het en dat die raaigeld teen die halfeindstryd op R175 gestaan het.
Die twee inwoners wat die naaste geraai het was Hans Roux en Babs Nel, en het hulle die wengeld gedeel.
Teen die eindstryd het inwoners behoorlik deelgeneem en was die uiteindelike wenner Suzie Landman met 'n telling van SA 13 en New Zeeland 10. Haar reaksie op die wen, "Die wengeld is mý bederf!"
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’