"Die personeel van Huis Welverdiend is altyd die gees van die partytjie," vertel Leoné Mulder, bestuurder van die tehuis in Jansenville. Die tehuis het op 7 Desember hul Kersete asook hul personeel- en beheerraadfunksie gehou.
"Die funksie was geen uitsondering nie - dit was 'n gelukkige, vrolike, lawwe klomp wat saam gekuier het," sê Leoné. Die personeel het ten spyte van die feit dat dit ook hulle Kerspartytjie was, gehelp om die inwoners en beheerraad te bedien.
Altesaam vier kokke het in die kombuis bontgestaan en twee mans van die nagdienspersoneel het na die funksie kom help opruim. Die personeel het ook diploma’s ontvang en Norma Joseph en Hester March het onderskeidelik 21 en 26 jare diens by Huis Welverdiend agter die rug.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’