GRAAFF-REINET NUUS - Inwoners van Huis Van der Graaff is op Mandeladag met heerlike braaivleis en slaai bederf.
Volgens Petro van Schoor het Ruth van Rensburg en Niekie Foort van Talana Foot Eiendomme al die reëlings getref en die vleis geskenk.
"Ruth se man, Tienie, het die vleis vir die inwoners gebraai. Daar was vrolike musiek en van die inwoners het lekker saam gedans en heerlik buite gekuier," het sy gesê.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'